Psalms 141:3
HERE, stel ’n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
General
Psalms 17:3-5
U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy. My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
Psalms 39:1-2
VIR die musiekleier; vir Jedútun. ’n Psalm van Dawid. Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
Psalms 71:8
My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
Miga 7:5
Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.
Jakobus 1:26
As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Jakobus 3:2
Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.