Psalms 140:7
Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
General
Psalms 16:2, 5-6
Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie. ... Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
Psalms 31:15
Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.
Psalms 91:2
Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psalms 119:57
Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
Psalms 142:6
Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
Klaagliedere 3:24
Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
Sagaría 13:9
Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ’n mens silwer smelt en hulle toets soos ’n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!
General
Psalms 27:7-8
Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my. Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!
Psalms 28:1-2
’N PSALM van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie. Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.
Psalms 55:1-3
VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid. o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie. Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
Psalms 64:1-2
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.