Job 38:22
Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
General
Job 6:16
wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg —
Job 37:6
Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
Psalms 33:7
Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
Psalms 135:7
Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;