maar self het hy ’n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.
o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. ... En met sonop het God ’n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.