1 Konings 17:4
en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.
General
1 Konings 17:9
Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
1 Konings 19:5-8
Daarop gaan hy lê en raak onder ’n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ’n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet! Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent ’n broodkoek, op warm klippe gebak, en ’n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. En die engel van die HERE het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb.
Númeri 20:8
Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
Job 34:29
En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou?—of dit al ’n nasie betref of ’n mens, almal saam;
Job 38:8-13; Job 39:3
En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ’n grens gestel vir jou trotse golwe. Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys, om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word? Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
Psalms 33:8-9
Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.
Psalms 147:9
wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
Amos 9:3-4
En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt. En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.
Mattheüs 4:4,11
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. ... Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.