2 Samuel 8:15
En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.
General
2 Samuel 3:12
Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die land? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele Israel na u toe oor te bring.
2 Samuel 5:5
In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.
General
2 Samuel 23:3-4
Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: ’n Heerser oor mense, ’n regverdige, ’n heerser in die vrees van God, is soos die môrelig by sonsopgang, ’n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.
1 Kronieke 18:14
En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
Psalms 45:7-8
U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Psalms 72:2
Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.
Psalms 75:3
As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
Psalms 78:71-72
Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel. En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
Psalms 89:15
Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.
Psalms 101:1-8
VAN Dawid. ’n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! Ek wil ag gee op regskape wandel—wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie. ’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien. Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie. Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
Jesaja 9:6
tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Jeremia 22:15-16
Is jy ’n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan. Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dít nie My erken nie? spreek die HERE.
Jeremia 23:5-6
KYK, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ’n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Amos 5:15,24
Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef. ... Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom.