2 Samuel 24:14
Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
General
1 Samuel 13:6
Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is—want die volk was in die noute gedruk—het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile.
2 Konings 6:15
En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ’n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?
Johannes 12:27
Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
Filippense 1:23
Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
General
Eksodus 34:6-7
En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
1 Kronieke 21:13
Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
Psalms 51:1-3
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Psalms 86:5,15
Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. ... Maar U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
Psalms 103:8-14
Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
Psalms 119:156
HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.
Psalms 145:9
Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
Jesaja 55:7
Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Jona 4:2
Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ’n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.
Miga 7:18
Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbe-hae in goedertierenheid.
General
2 Konings 13:3-7
Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae. Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk. (Die HERE het aan Israel ’n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister. Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.) Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.
2 Kronieke 28:5-9
Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en ’n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, ’n groot slag. Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderden-twintigduisend gedood, almal dap-per manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. En Sigri, ’n held van Efraim, het Maäséja, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en Élkana, die tweede onder die koning, gedood. En die kinders van Israel het van hulle broers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook ’n groot buit van hulle geroof en die buit na Samaría gebring. En daar was ’n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die HERE, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met ’n woede wat tot aan die hemel raak.
Psalms 106:41-42
En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers; en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
Spreuke 12:10
Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
Jesaja 47:6
Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk
Sagaría 1:15
maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.