Kruisverwysings → Genesis 9:7

Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.

wees vrugbaar en vermeerder

Genesis 9:1,19
EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. ... Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
Genesis 1:28
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Genesis 8:17
Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.