Kruisverwysings → Genesis 9:26

Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

Geseënd

Deuteronómium 33:26
Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.
Psalms 144:15
Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
Romeine 9:5
aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

die HERE

Genesis 10:10-26
En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag en Resen, tussen Ninevé en Kalag—dit is die groot stad. En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete en die Hewiete en Arkiete en Siniete en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies. En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram. En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas. En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag
Genesis 12:1-3
EN die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Lukas 3:23-36
EN Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli, die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef, die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai, die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda, die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja, die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er, die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim, die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid, die seun van Isai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson, die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda, die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor, die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela, die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,

Sem

Hebreërs 11:16
Maar nou verlang hulle na ’n beter een, dit is ’n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad berei.

dienskneg

Genesis 27:37,40
Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en mos versorg. Wat kan ek dan nou vir jóu doen, my seun? ... En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.