Kruisverwysings → Genesis 9:20

En Noag het as landbouer ’n wingerd begin plant.

landbouer

Genesis 3:18-19,23
Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. ... Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Genesis 4:2
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer.
Genesis 5:29
en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
Spreuke 10:11
Die mond van die regverdige is ’n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
Spreuke 12:11
Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.
Prediker 5:8
Maar ’n voordeel vir ’n land onder alles is dit: ’n koning wat aan die landbou diensbaar word.
Jesaja 28:24-26
Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag? Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant. En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

plant

Deuteronómium 20:6
En wie is die man wat ’n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie.
Deuteronómium 28:30
Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander man sal haar skend; ’n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ’n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
Spreuke 24:30
Ek het by die land van ’n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ’n verstandelose mens,
Hooglied 1:6
Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
1 Korinthiërs 9:7
Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?