Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete— uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies. En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän. En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan. Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om ’n geweldenaar op aarde te wees. Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag en Resen, tussen Ninevé en Kalag—dit is die groot stad. En Misraim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete en die Hewiete en Arkiete en Siniete en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies. En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram. En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas. En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag en Hadóram en Usal en Dikla en Obal en Abímael en Skeba en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste. Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
Noag, Sem, Gam en Jafet. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete. Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän. En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan. En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om ’n geweldenaar op die aarde te wees. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete, en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en die Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete, en die Hewiete en Arkiete en Siniete, en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg. En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag, en Hadóram en Usal en Dikla, en Ebal en Abímael en Skeba, en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. SEM, Arpágsad, Selag, Heber, Peleg, Rehu, Serug, Nahor, Tera, Abram; dit is Abraham. Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.