Kruisverwysings → Genesis 9:18

EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.

Sem

Genesis 9:23
Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.
Genesis 10:1
EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
1 Kronieke 1:4
Noag, Sem, Gam en Jafet.

Gam

Genesis 10:1,6
EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed. ... En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.