’n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van ’n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ’n onderste, tweede en derde verdieping maak.
En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ’n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.