Kruisverwysings → Genesis 8:16

Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

Gaan uit die ark

Genesis 7:1,7,13
DAARNA het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag. ... En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed. ... Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
Josua 3:17
Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
Josua 4:10,16-18
En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek. ... Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim. Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan. En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.
Psalms 91:11
want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psalms 121:8
Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
Daniël 9:25-26
Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ’n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ’n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
Sagaría 9:11
Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.
Handelinge 16:27-28,37-39
En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy ’n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het. Maar Paulus het met ’n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier. ... Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei. En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en dié het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was. Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek.