Kruisverwysings → Genesis 8:11

En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ’n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.

olyfblad

Nehemia 8:16
en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.
Sagaría 4:12-14
En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom? Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.
Romeine 10:15
En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!