Kruisverwysings → Genesis 8:10

Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.

gewag

Psalms 40:1-2
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
Jesaja 8:17
En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.
Jesaja 26:8
Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
Romeine 8:25
Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

sewe dae

Genesis 8:12
Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
Genesis 7:4,10
Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg. ... Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.