Kruisverwysings → Genesis 7:5

En Noag het gedoen net soos die HERE hom beveel het.

gedoen net soos die HERE hom beveel het

Genesis 6:22
En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.
Eksodus 39:32,42-43
So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak. ... Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak. En Moses het die hele werk bekyk—en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.
Eksodus 40:16
En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
Psalms 119:6
Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
Mattheüs 3:15
Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
Lukas 8:21
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen.
Johannes 2:5
Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
Johannes 8:28-29
En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
Johannes 13:17
As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
Filippense 2:8
het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Hebreërs 5:8
Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;