CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 7:23

So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 7:23 in konteks →

al die lewende wesens

  1. Genesis 7:21-22

    21En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense. 22Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.

  2. Job 22:15-17

    15Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het, 16wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom, 17wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

  3. Jesaja 24:1-8

    1KYK, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners. 2Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar. 3Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek. 4Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. 5Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. 6Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ’n gloed verteer en bly daar min mense oor. 7Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug. 8Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!

  4. Mattheüs 24:37-39

    37En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

  5. Lukas 17:26-27

    26En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: 27hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

  6. 1 Petrus 3:20

    20wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

  7. 2 Petrus 2:5

    5en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;

net Noag

  1. Eksodus 14:28-30

    28En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie. 29Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant. 30So het die HERE Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.

  2. Job 5:19

    19In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.

  3. Psalms 91:1,9-10

    1HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. … 9Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 10Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

  4. Spreuke 11:4

    4Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.

  5. Esegiël 14:14-20

    14al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE. 15As Ek wilde diere in die land laat rondswerf, dat hulle dit kinderloos maak en dit ’n wildernis word, sodat niemand daar deurgaan vanweë die wilde diere nie — 16al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou ’n wildernis wees. 17Of as Ek die swaard bring oor daardie land en sê: Laat die swaard deur die land trek! en Ek daaruit mens en dier uitroei — 18al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word. 19Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei — 20al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.

  6. Maleagi 3:17-18

    17En hulle sal My tot ’n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos ’n man medelyde het met sy seun wat hom dien. 18Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.

  7. Mattheüs 25:46

    46En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

  8. Hebreërs 11:7

    7Deur die geloof het Noag, toe hy ’n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ’n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

  9. 1 Petrus 3:20

    20wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

  10. 2 Petrus 2:5,9

    5en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; … 9die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;

  11. 2 Petrus 3:6

    6waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.