Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
U het dit met die wêreldvloed soos met ’n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik — berge het opgerys, laagtes het weggesak—na die plek wat U vir hulle reggemaak het. ’n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.