Kruisverwysings → Genesis 7:14

Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere—

Hulle

Genesis 7:2-3,8-9
Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie. Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde. ... Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip, het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God Noag beveel het.