CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 7:13

Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 7:13 in konteks →

dag

  1. Genesis 7:1,7-9

    1DAARNA het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag. … 7En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed. 8Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip, 9het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God Noag beveel het.

  2. Genesis 6:18

    18Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

  3. Hebreërs 11:7

    7Deur die geloof het Noag, toe hy ’n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ’n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

  4. 1 Petrus 3:20

    20wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

  5. 2 Petrus 2:5

    5en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;

Sem

  1. Genesis 5:32

    32En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.

  2. Genesis 6:10

    10En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.

  3. Genesis 9:18-19

    18EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. 19Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.

  4. Genesis 10:1-2,6,21

    1EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed. 2Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. … 6En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän. … 21En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.

  5. 1 Kronieke 1:4-28

    4Noag, Sem, Gam en Jafet. 5Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. 6En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. 7En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete. 8Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän. 9En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan. 10En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om ’n geweldenaar op die aarde te wees. 11En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete, 12en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en die Kaftoriete. 13En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het 14en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete, 15en die Hewiete en Arkiete en Siniete, 16en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. 17Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg. 18En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. 19En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan. 20En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag, 21en Hadóram en Usal en Dikla, 22en Ebal en Abímael en Skeba, 23en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. 24SEM, Arpágsad, Selag, 25Heber, Peleg, Rehu, 26Serug, Nahor, Tera, 27Abram; dit is Abraham. 28Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.