CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 7:10

Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 7:10 in konteks →

waters

  1. Genesis 7:4,17-20

    4Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg. … 17En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde. 18En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe. 19En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was. 20Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.

  2. Genesis 6:17

    17Want kyk, Ék bring ’n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ’n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.

  3. Job 22:16

    16wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ’n stroom,

  4. Mattheüs 24:38-39

    38Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

  5. Lukas 17:27

    27hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.