Kruisverwysings → Genesis 6:21

En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.

neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien

Genesis 1:29-30
Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
Job 39:3
Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
Job 40:15
Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
Psalms 35:6
Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
Psalms 104:27-28
Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
Psalms 136:25
Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psalms 145:16
Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
Psalms 147:9
wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
Mattheüs 6:26
Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?