’n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van ’n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ’n onderste, tweede en derde verdieping maak.
Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag.
Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop — sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
die drumpels en die vensters van latwerk en die galerye rondom al drie—teenoor die drumpel was geskaafde hout al rondom—en die grond tot by die vensters (die vensters was bedek),
Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepinge.