Kruisverwysings → Genesis 5:4

En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.

dae van Adam

1 Kronieke 1:1-3
ADAM, Set, Enos, Kenan, Mahalálel, Jered, Henog, Metúsalag, Lameg,
Lukas 3:36-38
die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg, die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan, die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

hy het seuns en dogters gehad

Genesis 5:7,10,13,19,22,26,30
En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. ... En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Genesis 1:28
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Genesis 9:1,7
EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. ... Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.
Genesis 11:12
Toe Arpagsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
Psalms 127:3
Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.
Psalms 144:12
sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van ’n paleis;