Kruisverwysings → Genesis 5:32

En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.

Sem

Genesis 6:10
En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
Genesis 7:13
Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
Genesis 9:18-19,22-27
EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners. ... En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee. Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie. Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het, sê hy: Vervloek is Kanaän! ’n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers. Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees. Mag God aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
Genesis 10:1,21,32
EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed. ... En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is seuns gebore. ... Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.
1 Kronieke 1:4-28
Noag, Sem, Gam en Jafet. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete. Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän. En die seuns van Kus was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan. En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om ’n geweldenaar op die aarde te wees. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete, en die Patrusiete en Kasluhiete—waaruit die Filistyne voortgekom het—en die Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete, en die Hewiete en Arkiete en Siniete, en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg. En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan. En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag, en Hadóram en Usal en Dikla, en Ebal en Abímael en Skeba, en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. SEM, Arpágsad, Selag, Heber, Peleg, Rehu, Serug, Nahor, Tera, Abram; dit is Abraham. Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.
Lukas 3:36
die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,