Kruisverwysings → Genesis 5:3

Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.

na sy gelykenis, na sy ewebeeld

Job 14:4
Ag, kon maar ’n reine voortkom uit ’n onreine—nie een nie!
Job 15:14-16
Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ’n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
Job 25:4
Hoe sou dan ’n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ’n vrou gebore is?
Psalms 14:2-3
Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
Psalms 51:7
Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Lukas 1:35
En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
Johannes 3:6
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Romeine 5:12
DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —
1 Korinthiërs 15:39
Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
Efésiërs 2:3
onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

Set genoem

Genesis 4:25
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my ’n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.