Genesis 46:34
dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders—sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars ’n gruwel.
U dienaars was veeboere
Genesis 46:32
En die manne is herders van kleinvee—want hulle was veeboere—en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.
Genesis 30:35
En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en al-mal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee.
Genesis 34:5
Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.
Genesis 37:12
En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas.
herder van kleinvee is vir die Egiptenaars ’n gruwel
Genesis 43:32
Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars ’n gruwel is.
Eksodus 8:26
Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is ’n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ’n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?