NÁ hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte, sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers. En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was. ... Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ’n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; ... En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.