Kruisverwysings → Genesis 41:39

En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.

niemand verstandig en wys soos jy

Genesis 41:16,25,28,33
En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao ’n gunstige antwoord gee. ... Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. ... Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien. ... Laat Farao dan nou uitkyk na ’n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.