Kruisverwysings → Genesis 41:37

En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.

woord

Psalms 105:19
tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.
Spreuke 10:20
Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
Spreuke 25:11
Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gespreek.
Handelinge 7:10
en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.

goed in die oë

Josua 22:30
Toe Pínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.
2 Samuel 3:36
En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.
1 Konings 21:2
En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan ’n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.