Kruisverwysings → Genesis 41:31

En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.

baie swaar

1 Samuel 5:6
Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.
Jesaja 24:20
Die aarde waggel geheel en al soos ’n dronkaard en swaai heen en weer soos ’n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.