Kruisverwysings → Genesis 41:3

En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.

lelik van aansien

Genesis 41:4,20-21
En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword. ... En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet; dié het in hulle maag ingegaan, maar ’n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.