en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras. ... En hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel; ... Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland; ... En die land het met handvolle opgelewer in die sewe jare van oorvloed. ... Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,
En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n Pasga van die HERE is dit.