Kruisverwysings → Genesis 41:23

En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;

maer

Genesis 41:6
en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;
2 Konings 19:26
En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras op die dakke en brandkoring voordat dit are skiet.
Psalms 129:6-7
Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat ’n mens dit uittrek, waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
Hoséa 8:7
Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.
Hoséa 9:16
Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
Hoséa 13:15
Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ’n oostewind, ’n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal ’n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.