Kruisverwysings → Genesis 41:14

Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

laat Farao Josef roep

1 Samuel 2:7-8
Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ’n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
Psalms 105:19-22
tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het. Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat. Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed; om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.
Psalms 113:7-8
Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef; om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.

gou uit die gevangenis uitgehaal

Eksodus 10:16
Toe het Farao gou vir Moses en Aäron laat roep en gesê: Ek het gesondig teen die HERE julle God en teen julle.
1 Samuel 2:8
Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ’n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
Psalms 113:7-8
Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef; om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
Daniël 2:25
Toe het Áriog Daniël haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesê: Ek het ’n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.

hom geskeer

2 Samuel 19:24
Mefibóset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie;
2 Konings 25:29
En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.
Ester 4:1-4
TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en ’n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu. So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met ’n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie. En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie.
Ester 5:1
OP die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
Jesaja 61:3,10
om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ’n planting van die HERE, tot sy verheerliking. ... Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ’n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ’n bruid wat haar versier met haar juwele.
Jeremia 52:32-33
En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.