En daar was by ons ’n Hebreeuse jongman, ’n kneg van die owerste van die lyfwag—aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
EN Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het. ... en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.
Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef—jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was. Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ’n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie. Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ’n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in mý droom—toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof, en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik. Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan—die drie mandjies is drie dae. Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef—hy sal jou aan ’n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.