Kruisverwysings → Genesis 40:4

En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was ’n tyd lank in bewaring.

owerste van die lyfwag

Genesis 37:36
En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
Genesis 39:1,21-23
EN Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het. ... Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen. Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.
Psalms 37:5
Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;