Kruisverwysings → Genesis 40:19

Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef—hy sal jou aan ’n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.

aan ’n paal ophang

Genesis 40:22
maar die voorman van die bakkers het hy opgehang—soos Josef dit aan hulle uitgelê het.
Genesis 41:13
En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur—my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.
Deuteronómium 21:22-23
EN as in iemand ’n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ’n paal ophang, dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
Josua 8:29
En die koning van Ai het hy aan ’n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.
Josua 10:26
En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.
2 Samuel 21:6
laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.
Spreuke 30:17
’n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag—die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
Galásiërs 3:13
Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang —

die voëls

Genesis 40:17
en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.
1 Samuel 17:44,46
Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee. ... Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ’n God het.
2 Samuel 21:10
En Rispa, die dogter van Aja, het ’n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.
Esegiël 39:4
Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
Handelinge 20:27
Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.