Kruisverwysings → Genesis 4:8

En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.

gepraat

2 Samuel 3:27
Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Ásahel.
2 Samuel 13:26-28
Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou saamgaan? Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning met hom saam laat gaan. En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne.
2 Samuel 20:9-10
En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen. En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom ’n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Abísai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.
Nehemia 6:2
laat Sanbállat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom in een van die dorpe, in die laagte van Ono; maar hulle het gemeen om my kwaad aan te doen.
Psalms 36:4
Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
Psalms 55:22
Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
Spreuke 26:24-26
Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
Miga 7:6
Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote!
Lukas 22:48
En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n kus?

teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan

2 Samuel 14:6
En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.
Job 11:15
ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
Psalms 24:3-6
Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela.
Psalms 139:19
o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
Mattheüs 23:35
sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
Lukas 11:51
van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
1 Johannes 3:12-15
nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig. Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie. Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
Judas 1:11
Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom.