Kruisverwysings → Genesis 4:7

Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers.

as jy goed doen

Genesis 19:21
En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie.
2 Samuel 24:23
Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God ’n behae in u hê.
2 Konings 8:28
En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.
Job 42:8
Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ’n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
Spreuke 18:5
Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
Prediker 8:12-13
aangesien ’n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe—alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees, en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos ’n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
Jesaja 3:10-11
Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet. Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
Jeremia 6:20
Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ’n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.
Maleagi 1:8,10,13
En as julle ’n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle ’n lam of ’n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy ’n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare. ... Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die HERE van die leërskare, en in ’n offer uit julle hand het Ek geen behae nie. ... En julle sê: Kyk, wat ’n moeite! En julle verag dit, sê die HERE van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere—so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die HERE.
Handelinge 10:35
maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
Romeine 2:7-10
aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe; maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn; verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.
Romeine 12:1
EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
Romeine 14:18
Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.
Romeine 15:16
om ’n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ’n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.
Efésiërs 1:6
tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
1 Timótheüs 5:4
Maar as ’n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
1 Petrus 2:5
en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

verheffing

Hebreërs 11:4
Deur die geloof het Abel ’n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.
Spreuke 21:27
Die offer van die goddelose is ’n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
Job 29:4
soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;

die sonde lê en loer voor die deur

Genesis 4:8-13
En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde. Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.
Romeine 7:8-9
Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
Jakobus 1:15
Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

sy begeerte is na jou

Genesis 3:16
Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hý sal oor jou heers.