Kruisverwysings → Genesis 4:6

En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

1 Kronieke 13:11-13
En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE ’n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe. En Dawid het daardie dag vir God bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die ark van God na my toe bring? Daarom het Dawid die ark nie by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Git-tiet.
Job 5:2
Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
Jesaja 1:18
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Jeremia 2:5,31
So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het? ... o Geslag, verneem die woord van die HERE! Het Ek vir Israel ’n woestyn geword of ’n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?
Johannes 4:1-4,8-11
TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes — alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels — het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan. En Hy moes deur Samaría gaan. ... want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
Miga 6:3-5
My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My! Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam. My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die HERE.
Mattheüs 20:15
Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
Lukas 15:31-32
Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.