Kruisverwysings → Genesis 4:3

En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring.

ná verloop van tyd

1 Konings 17:7
Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
Nehemia 13:6
Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die twee-en-dertigste jaar van Artasásta, die koning van Babel, het ek by die koning gekom; en ná verloop van tyd het ek verlof gevra van die koning

vrugte van die land

Levitikus 2:1-11
EN as iemand aan die HERE ’n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE. En as jy ’n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. En as ’n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd. Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer. En as ’n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word. Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra. En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE. Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE ’n vuuroffer aan die brand steek nie.
Númeri 18:12
Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.