hom Set genoem
- Genesis 5:3-4
3Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. 4En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
- 1 Kronieke 1:1
1ADAM, Set, Enos,
- Lukas 3:38
38die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.
Want
- Genesis 4:1-3,8,10-11
1EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ’n man verkry met die hulp van die HERE. 2Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer. 3En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring. … 8En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. … 10En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. 11Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.