Kruisverwysings → Genesis 4:25

En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my ’n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.

hom Set genoem

Genesis 5:3-4
Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
1 Kronieke 1:1
ADAM, Set, Enos,
Lukas 3:38
die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

Want

Genesis 4:1-3,8,10-11
EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ’n man verkry met die hulp van die HERE. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer. En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring. ... En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. ... En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af. Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.