Kruisverwysings → Genesis 4:22

En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.

koper

Eksodus 25:3
En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;
Númeri 31:22
Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —
Deuteronómium 8:9
’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap;
Deuteronómium 33:25
Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.
2 Kronieke 2:7
Stuur my dan nou ’n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.