CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 4:21

Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 4:21 in konteks →

vader

  1. Romeine 4:11-12

    11En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12en ook ’n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.

siters en fluite

  1. Genesis 31:27

    27Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?

  2. Job 21:12

    12Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.

  3. Jesaja 5:12

    12En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.

  4. Amos 6:5

    5Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!