CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 4:15

Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 4:15 in konteks →

Daarom

  1. 1 Konings 16:7

    7Ook het die woord van die HERE deur die diens van Jehu, die seun van Hanáni, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.

  2. Psalms 59:12

    12Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

  3. Hoséa 1:4

    4En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ’n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ’n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

  4. Mattheüs 26:52

    52Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

sewevoudig

  1. Genesis 4:24

    24Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewen-en-sewentig maal.

  2. Levitikus 26:18,21,24,28

    18En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. … 21En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes. … 24sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes. … 28sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

  3. Psalms 79:12

    12En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.

  4. Spreuke 6:31

    31en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

’n teken gegee

  1. Esegiël 9:4,6

    4En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ’n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. … 6slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.

  2. Openbaring 14:9,11

    9En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, … 11En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.