Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ’n koning wat gereed staan vir die aanval,
Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. ... En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel.
Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis. Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. ... En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het—Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan! Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak. ... of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ’n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry. ... en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ’n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie.
AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ’n koning wat gereed staan vir die aanval,