Kruisverwysings → Genesis 4:13

Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.

My skuld is te groot om dit te dra

Job 15:22
Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
Openbaring 16:9,11,21
En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie. ... en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie. ... en groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.