Kruisverwysings → Genesis 4:11

Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond

Genesis 4:14
Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
Genesis 3:14
Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
Deuteronómium 27:16-26
Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon—onskuldige bloed—dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.
Deuteronómium 28:15-20
Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang. Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
Deuteronómium 29:19-21
en as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel—om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk! Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg. En die HERE sal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
Galásiërs 3:10
Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

sy mond oopgemaak

Job 16:18
o AARDE, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
Job 31:38-40
As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween; as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het — laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.
Jesaja 26:21
Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
Openbaring 12:16
En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.